Transmutasie. (Terugblik)


deur geweekte oë, lig my terugblik
na oombklikke moeilik om te sluk

flitse uit ñ “ Steven king roman “
vryf giggel-grillerig aan ñ traan oor my wang

drogbeelde draf koggellend
spottend om-en-om al h u p p e l l e n d

herhinneringe vat-vat aan my gesonde sin
geslote hart weet ek,  ek-is-die-Here-sin

gebroke kind nou wen-vrou transmutasie
soos ñ skoenlapper se transformasie
weet ek, ek is nog nie klaar nie

stuk-stuk bou aan beeld en eer
staande staan in trots en trotseer

weerlose verloorder nou formeerder
van hoop verminder na hoop vermeerder

Here (h i e r  i s  s y) ,  U kind die (getransformeerde).

Comments

Popular posts from this blog

Loud Whisper