Skemer se naggodin.
deur skrefies oë
loer skemer vir ñ laaste keer,
wik,
wik
lê hy eenkant toe
onderwyl
die maan
misterie uitblaas
saam blink oogsterre,
strek oranje-pienk
arms uit
op die horison,
die naggodin
gly sorgeloos
kaalvoet,
op ñ betowerende melkweg,
terwyl sy sterre
oral op pikswart
naghemel hang,
giggelend blaas sy
verskietende sterre,
haar nagkus aan
sjarmante skemer,
blosend pienk-oranje sy antwoord
knipoog sy laaste vaarwel
as sy arms op ster s k i t t e r e n d e
swart horison verdwyn,
haar betowerende swart satyn bedek
liefderyk ñ blink nag hemel,
eensaam sing ñ nagtegaal
die soete s o n n e t
van ñ liefde wat net skemer en naggodin
het.
Kopiereg: Bernadette Barnardt.
Comments
Post a Comment